Aqua Aerobics

Aqua Aerobics is  vinnige ritmiese oefeninge in water teen gemiddelde 12-15 keer meer weerstand.  Dit is nie net jou liggaam wat jy beweeg nie, maar ook 'n "krag" (water) waarteen jy werk. 

Voordele van die program sluit in:

- Uitstekende fiksheidswerk

- Verloor gewig en sentimeters,

- Bevorder spierkrag en uithouvermoë 

- Baie lae tot geen impak op knieë, rug en ander gewrigte.

- Verbeterde sirkulasie, asemhaling en metabolisme

Hierdie is 'n kardio en spierprogram terselfdertyd. 

Kom spring in die water saam met ons vir 'n sterker, slanker liggaam om 'n aktiewe leefstyl vol te hou, ongeag jou ouderdom.

 

Back to top