AQUATOTS Swimmingprogram

Menige gesinne word in rou gedompel agv kinders of baba's wat sterf weens verdrinking. 

AQUATOTS Swemprogram is ontwikkel om baba's vanaf 6 maande tot drie jaar behoorlik te onderrig om hulle self in 'n krisis situasie te kan help.

Die program is 'n sing-saam ouer/kind groepstegniek waar swemtegnieke op 'n gemaklike manier aangeleer word.  Mamma swem saam met baba, want mamma is dié vertroueling van die kind. 

Swem-maatjies leer op hul eie tempo en word gladnie gedruk om tegnieke te doen waarvoor hulle nie gereed is nie. 

FWSS is 'n "Franchise-houer" van AQUATOTS Swimming program.  Vir meer inligting kliek op die volgende //www.aquatots-swimprogram.com/

Back to top