Watervertroue : die kind se eerste ervaring in die swembad.

Watervertroue beteken egter nie jou kind is water veilig nie.  Hieraan word aandag gegee in vlak 2.

Watervertroue word bepaal deur:

- die kind se vorige ervaring met water/swembaddens (positief of negatief)

- ouers se opmerkings oor water (bv moenie naby die swembad kom nie, jy gaan verdrink).

Wat doen ons met 'n bang swem-maatjie?  Die eerste klassies speel ons op die trappe sodat die kind vertroue kry in die instrukteur.

Ingesluit in Vlak 1:

- Om veilig in en uit die swembad te klim

- Om met selfvertroue in vlak water te beweeg

- Gesig natmaak en oë onder water oopmaak

- Asemhaling en borrels blaas

- Dryfvermoë met hulpmiddel

- Regte swemposisie en skop.

 

 

 

 

Back to top