Cecile Kearney wou haar eie kinders leer swem en die biblioteekboeke moes help!  Die Kearney seuns het vandag steeds groot liefde vir water.  Gou het die maatjies se mammas hiervan te hore gekom en 'n 6 weke kursus tydens somermaande was die begin van die vroeë swemskool.  Cecile het die kinders geleer oor waterveiligheid, vryslag swem en om te duik.  Menige volwassene sal nou nog verwys na "Tannie Cecile het ons leer swem". 

Na matriek het Willy ook 'n klas afgerig, omdat 'n groep mammas hom gevra het om asb te help.  Willy het nou saam met sy ma ook deel van Lichtenburg se swemafrigting geskiedenis geword met "Daar is Oom Willy wat my leer swem het".

Willy is in 2000 met Carina getroud.  In Februarie 2000 het hulle die amptelike swemskool begin, op die stadium sonder 'n naam!  Gedurende die wintermaande het Willy besluit om die swembad toe te bou, sodat die besigheid  in meer maande van die jaar bedryf kan word.  Carina het ook 'n kursus bygewoon in AQUATOTS, sodat dit ook aangebied kan word. 

In 2001 word nog 'n swembad gebou, en die swemskool kry 'n naam:  "Free Willy Swemskool".  

Back to top